AFRIKAANS
Examples of texts


POEM
STAD IN DIE MIS - D.J. Opperman

Met gespanne spier
loop ek deur die mis
want om my sluip 'n dier
onder wit duisternis;
ek hoor hom knor en in oop mote
waggel sy pilare-pote
en sy kantelende rug metaal;
op hoeke van die strate blink
sy oë bloedbelope,
en met sy hap sluit staal op staal.


Die Onse Vader (Our Father - The Lord's prayer)

Ons Vader wat in die hemel is,
laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom;
laat u wil ook op die aarde geskied,
net soos in die hemel.
Gee ons vandag
ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons oortredings
soos ons ook dié vergewe
wat teen ons oortree;
en laat ons nie in versoeking kom nie
maar verlos ons van die Bose.

(Matteus 6:9-13. Die Bybel - Nuwe Vertaling, 1983)

Onse Vader (Oranjerivierafrikaans - dialect)
Onse Vader wat innie jimmel in sit,
ons wil nou vandag hier vir U kom bid:
Lat U se naam tog by ons geprysig raak,
laat U se Kapteinskap hier staningse maak,
en lat U se wil gebeure tissen die sterre rond,
net so sos hier oender by ons oppie grond.
Gee vir ons vandag onse koppietjie meel.
Vergewe ons onse gevloek en onse gesteel,
want sos ons nou yt die Woord yt weet:
ons moet dies wat ons vloek ok vergeet.
Lat ons onse rigte gee virrie versoekinge,
en maak los die rieme vannie Dywel se dinge.
Niemand sal nou U se Kapteinskap kan wen,
of U se kragte of nou U se heerlikheid,
van hier af tot doer oorkant innie ewigheid.
Nou dan sê ons dan maar eers weer: Amén.

(Du Plessis, H. 1999. Die Griekwapsalms en annerlike goeterse yt die Woord yt. Hans du Plessis : Potchefstroom.)


SAlanguages.com : Afrikaans



© J. Olivier (2009)
SAlanguages.com